Monday 31 March 2014

Calvinia se Skuiskoek




Dianne Ten Haaf

Calvinia se Skuiskoek
Bestandele:
5 Kg koekmeel
+/- 2 liter warm water
500g Stork(bak)margarien
5 Koppies suiker
5 Teeleppelssout
5 Pakkies Kitssuurdeeg
35g Anys
1 Kg “wooden spoon” margarien/vetmengsel (beskikbaar by pick n pay)
2 Bottels bakolies(om skuiskoek in te braai)
Metode:
Smelt Maragrien (stork).  Los suiker en sout op in genoeg warm water on ‘n redelike slapperige deeg te maak.  Meng kitssuurdeeg, anys en koekmeel.  Voeg die watermengsel by die droë bestanddele en knie baie goed.  Die deeg moet maklik kan uitrol.  Voeg die gesmelte margarien (stork) by en knie weer goed.  Laat rys tot dubbel die hoeveelheid.  Rol die deeg uit tot omtrent 2cm dik. Sny in repe van 4cm breed, en sny blokkies van 5 cm.  Elke blokkie is dus 4x5x2cm.  Verhit olie en vetmengsel (wooden spoon) goed. Braai tot ligbruin.  Roer gedurig met ‘n spaan pm ‘n egalige bruin kleur te kry.
Skuinskoek
2,5 kg Snowflake koekmeelblom
10 ml sout
15 ml droë gis
1 liter louwarm water
250 g botter of margarien
15 ml anys
750 ml suiker
1. Sif die meel en sout saam
2. Los die gis op in ‘n bietjie van die lou water. Voeg die res van die water by asook 6 koppies van die meel en maak aan tot ‘n slap deeg. Bedek en laat rys op ‘n warm plek vir 2 ure of totdat die deeg in volume verdubbel het.
3. Vryf die botter in die res van die meel. Voeg anys en suiker by, meng goed en knie die suurdeegmengsel hierby in. Indien nodig kan ‘n ekstra bietjie louwarm water bygevoeg word om ‘n lekker sagte deeg wat maklik hanteer, te verkry. Bedek en laat op ‘n warm plek rys totdat die deeg in volume verdubbel het.
4. Knie deeg goed af. Knyp stukkies deeg af en rol dit soos wors uit en sny skuins skywe van 50 mm lank af. Skep dit
in warm diepvet en braai goudbruin. Draai om en braai ook die ander kant totdat dit goudbruin is. Dreineer op kombuis- of bruinpapier.
Heerlike Skuinskoek resep
10 ml Kitsgis
120 g Suiker
5 ml Sout
5 ml Anyssaad
600 g Meel
60 g Botter
300ml Water
Ten minste 1l olie vir diepbraai
1) Meng al die droe bestanddele saam
2) Voeg die botter en die water by en knie die deeg goed deur.
3) Laat die deeg vir 10 minute rys op ‘n warm plek en knie weer baie goed dery.
4) Rol die deeg in ‘n lang wors, sny (met skuins {diagonale} stroke) 5cm lang stukke af.
5) Laat die koeke rys tot dubbel hulle oorspronklike groote.
6) Braai in olie.
7) Verwyder van olie, laat dryneer op ‘n servet en sprinkel met versiersuiker.
Die klomp Bosvelders onder ons wat dit nie ken nie kan dit gerus probeer! DIs baie lekker!
As die resep te droog is kan jy nog botter byvoeg. As jy egter te veel botter byvoeg raak die deeg taai en moeilik bewerkbaar