Tuesday 25 March 2014

Botterbroodjies met ‘n kinkel




Botterbroodjies met ‘n kinkel
Bestanddele
3 koppies (750ml) koekmeelblom...
2 teelepel (10 ml) bakpoeier
knippie sout
½ koppie (125 ml) bruinsuiker
2 eiers

1 teelepel (5ml) vanieljegeursel
¾ koppie (±65 ml) melk
2 eetlepel (30 ml) room
¾ koppie (±65 ml) grondboontjiebotter
1 koppie (250 ml) ryp piesangs, fyngekap

Metode
Voorverhit die oond tot 190°C.
Spuit ‘n bakplaat met kleefwerende sproei.
Sif die meel, bakpoeier en sout in ‘n mengbak saam en roer die bruinsuiker by.
Klits die eiers, vanieljegeursel, melk, room en grondboontjiebotter goed saam.
Gebruik ‘n vurk om die nat en droë bestanddele te meng, moenie oorwerk nie.
Roer die piesang by.
Keer op ‘n skoon oppervlak uit en druk liggies plat tot 2 cm dikte.
Gebruik ‘n koekiedrukker om die botterbroodjies mee uit te druk en plaas op die bakplaat.
Bak vir 15 tot 20 minute tot goudbruin en gaar.
Haal uit die oond en plaas op ‘n draadrakkie om af te koel.