Tuesday 11 March 2014

Boerejongens / Kaapsche jongens




Boerejongens• 250g (klein pakkie) hanepootrosyntjies
• 500g (2 k) witsuiker
• 500ml (1 k) water
• 1 stuk pypkaneel
• 750ml (1 bottel) brandewyn
Kook die rosyntjies, suiker, water en pypkaneel saam vir ongeveer 5 minute. Laat afkoel en skep alles in ’n groot fles. Giet die brandewyn oor, verseël die fles en hou vir ten minste drie maande voordat dit gebruik word. Keer die fles kort-kort om.

Kaapsche jongens (dis die een wat ek in flesse het)• 1kg hanepootdruiwe
• 500g (2 k) witsuiker
• 750ml (1 bottel) witblits of goeie brandewyn
Was die hanepootdruiwe en knip die korrels af met die stingel en al. Gebruik net ongekneusde, gesonde korrels. Pak lae druiwekorrels en witsuiker en giet die witblits of brandewyn oor. Draai die fles toe en bêre vir ongeveer drie maande voor dit gebruik word. Keer kort-kort die fles om.
Dine se wenke: moenie die druiwekorrels prik nie en los die stingeltjie in. Maak genoeg! Dié is ’n lekker ding.