Monday 24 March 2014

Biltongbroodjies




Biltongbroodjies
Lewer sowat 12 b roodjies
 Bereidingstyd: 30 minute

1 gesnyde witbrood, korsies verwyder
 125 ml (½ k) appelkooskonfyt
 125 ml (½ k) sagte botter

 10-15 ml (2-3 t) Marmite
 250 ml (1 k) fyn biltong

1.Maak toebroodjies met die brood en appelkooskonfyt.
2.Meng die botter en Marmite en smeer buite-om.
3.Druk vormpies uit die broodjies met koekiedrukkers, of sny die broodjies soos verkies.
4.Smeer die kante van die broodjies goed met die orige bottermengsel.
5.Rol die broodjies in die biltong tot oraloor bedek.


Nicolina Albasini

Vrou myne smeer ek kaas buite en die marmaid in die binne kant en buite oor die kaas die biltong. As jy nie biltong het nie gebruik bief skuifies fyn gedruk en in plaas van die biltong.