Wednesday, 19 February 2014

Reenboog Nagereg



Dianne Ten Haaf

Die idee was die foto, en toe verander ek dit na roomys:

Ok, enetjie vir die roomys rak:

3 pakkies van jou keuse kits poeding...
3 pakkies van jou keuse jellie
1liter room
1 pakkie eat some more koekies.

Crush die koekies en hou eenkant. Ignoreer vandag die metode op die pakkie en maak die poeding aan met 200ml room en 200ml melk. Klits tot styf (so 2minute). Hou byderhand. Maak die jellie aan met 100ml kookwater en daarna 100ml koue water. Laat afkoel in yskas tot amper gestol. Klits op met 50ml room.

Nou in 'n plastiek roomys bak: Plaas 'n laag fyn koekie krummels in die bak, en die helfte van die eerste poeding, gevolg deur 'n lagie krummels, en die helfte van die eerste jellie. Hou so aan met lagies en krummels to klaar. Jy kan lekker stuffies insit soos neute, chocolate blokkies of selfs geblikte vrugte of kersies. Onthou net as jy alkohol drankies by gaan sit, belemmer dit die vries proses. Lekker roomys amper soos 'n triffle...