Susan Wassenaar
NOUGAT
In dikboom kastrol:
250 ml suiker,
125 ml koue water
en 100 ml goue stroop....
Kook saam tot mengsel ‘n stywe balletjie vorm as bietjie van mengsel in koue water gegooi word, of as jy ‘n termometer gebruik, kook tot 120 gr C.
Haal van stoof af en klits 3 eierwite styf, in aparte skoon glasbak. nie droog nie,
Gooi stroop-vloeistof stadig by eierwite terwyl jy aanhoudend klits.
Kook nog hoeveelheid stroop van dieselfde hoeveelheid bestandele tot stywe balletjie vorm en gooi weer stadig by eierwit mengsel terwyl jy aanhoudend klits.
Voeg nou 2 t vanilla geursel by asook 375 ml gekapte neute van jou keuse en 125 ml glanskersies of gekapte droë appelkose,
Skep mengsel in goed gesmeerde plat bak en maak gelyk met ‘n mes.Laat stol vir 1-2 dae en sny in blokkies. Jy kan ook ‘n vel ryspapier onder-in bak sit en mengsel bo-oor gooi en bedek met ryspapier. Sny deur papier in blokkies.
BRON- RADIO NAMAKWALAND
(www.foodloversrecipes.com)