Wednesday, 19 February 2014

Deftige Kitspoeding



Deftige Kitspoeding

Jy benodig
  • 900 ml koue melk
  • 2 x 90g-pakkies kitspoeding (“Butterscotch” en “Caramel” is die lekkerste)
  • 1 klein blikkie ingemaakte pere of perskes
  • 1 blikkie kondensmelk
Só maak jy
  • Gooi die koue melk in ’n glasbak en strooi die pakkies bo-oor.
  • Klits dit goed met ’n vurk of draadklitser totdat dit mooi glad is.
  • Nou wag jy tien minute sodat jou poeding kan stol – in óf buite die yskas.
  • Rangskik die ingemaakte vrugte bo-op die poeding en gooi ’n dun stroompie kondensmelk oor.
(Weg)