Monday 13 January 2014

Tiaan en Mynhardt se Sjokolade truffels, malva poedingballe en melktert springrolls




Sjokolade truffels, malva puoedingballe met vla vulsel en melktert springrolls met sjokolade doopsous
Voorbereiding: sowat 2 ure

Hierdie hele konkoksie is so mooi op ‘n bord en gaan almal na hulle asems laat snak! Dit is 'n bietjie moeite so begin die dag voor die tyd en maak seker al jou elemente is klaar en reg voor die opdiening. Dit is heeltemal die moeite werd.

Truffels

• 300g donker sjokolade
• 300ml room
• 50g botter
• Kakao

Smelt alles saam oor 'n dubbel koker en roer goed deur. Verkoel en rol dan in balletjies en rol in kakao. Bere in n lugdigte houer in die yskas.

Malvapoeding

Hierdie malvapoeding word in koelronde vormpies gebak. Die panne is vrylik beskikbaar by enige bakwinkel en is vreeslik in die mode. Skaf maar gerus een aan.

Oond 180 grade

• 30 ml botter
• 125ml suiker
• 1 ekstra groot eier
• 15 ml appelkoos konfyt
• 5ml koeksoda
• 125 ml melk
• 250ml koekmeel
• Knypie sout
• 15 ml asyn

Room botter en suiker saam, voeg eier by en dan die appelkoos konfyt. Los die koeksoda op in die melk en voeg by. Sif die meel en sout by en vou in. Roer laaste die asyn deur. Bak in klein bal vorms pannetjie vir 20 minute haal uit en laat afkoel. Vul dan n dik spuit naald met tuisgemaakte vanielje vla en vul die balletjies.

Tuisgemaakte Vla

Hierdie vla smaak net baie lekkerder as enige iets uit 'n boksie. Doen die moeite aangesien dit so 'n groot verskil kan maak.

• 2 eiers
• 3 eiergele
• 150ml suiker
• 50 ml meel
• 25 ml mielieblom
• 2 koppies melk
• Een vanielje peul uitgeskraap
• 2ml amandel essence

Klits die eiers, eiergele en suiker saam tot lig en romerig en voeg dan die twee soorte meel by en roer goed deur, maak seker dat daar nie klonte is nie. Plaas die melk, vanilje peul en amandel essence saam in n pot op die stoof en brig tot net voor kook punt en haal dadelk af. Roer die eiermengsel baie vinnig en gooi die melk mengsel stadig by. Plaas terug op die stoof en kook saggies op medium hitte totdat die vla verdik en soos baie dik room lyk. Wees versigtig om nie te ver te kook nie. Haal af en laat afkoel vir die vul van die balletjies.

Melktert springrolls

Hierdie is 'n wonderlike kinkel metode om melktert voor te sit en almal is aangenaam verras as hulle in die vreemde voorwerp in byt en die lekker smake van melkter proe. Dit kan 'n dag voor die tyd gemaak word en gediep braai word net voor opdiening.

• 1 koppie melk
• 3 eiergele
• 1 tl meel
• 1 tl mielieblom
• 50ml suiker
• Kaneelsuiker
• Springroll deeg velle
• Meel en water mengesel

Verhit die melk, klits die eiers, meel, mielieblom en suiker saam. Gooi bietjie warm melk by dit en voeg terug by die melk, kook tot verdik en haal af van die hitte om af te koel. Skep lepels vol op die vel deeg en strooi kaneelsuiker oor. Smeer die vel met meel en water mengsel en rol toe. Verhit olie tot 180 grade en braai tot ligbruin. Plaas op kombuis papier en dreineer.

Sjokolade sous

Hierdie sousie is so maklik om te maak. Voeg gekapte kardomomsade by vir 'n middeloosterse smakie.

• 250ml room
• 200g donker sjokolade

Verhit die room en smelt die sjokolade daarin, klits goed deur bedien saam met die springrolls. Bedien die sous in 'n klein koppie met die springroll dwars bo oor vir 'n lekker effek.