Tuesday 14 January 2014

SWARTWOUD KOEK




Lourens de Lange
SWARTWOUD KOEK
BESTANDELE
1-3/4 Koppies suiker
2 koppies Kersie sap
1/2 koppie Appelsous (onversoet)...
1/4 koppie canola olie
2 eiers
2 eetlepels appelasyn
3 teelepels vanilla ekstrak
3 koppies meel
1/3 koppie kokao
2 teelepels koeksoda
1 teelepel sout
1-1/2 koppie vetvrye melk
1 pakkie suiker vrye kits sjokolade poeding mengsel
1 blik Kersie pie vulsel
1-1/2 koppie styf geklopte room
Aanwysing:
In n groot mengbak, klop die Kersie sap, suiker,appelsous, olie, eiers en vanilla tot romerig. Meng meel, kakoa, bakpoeier en sout saam. Meng dit stadig in die kersie mengsel tot goed gemeng.
Gooi mengsel in n gesmeerde koekpan. Ek gebruik ronde springform pan. Dit is makliker om die vulsels in te sit nadat die koek af gekoel het. Bak by 175 C vir 35-40 minute. Toets met n tandestokkie om te sien of dit gaar is. As stokkie skoon uit kom is dit die ware Jakob. Laat heeltemal afkoel op n draad rakkie.
In n kleinerig mengbak, klits die melk en poeding vir 2 minute.Laat staan vir 2 minute tot dit sag gestol is. Smeer poeding bo op afgekoelde koek. Maak toe en plaas in Yskas vir 15 minute. Smeer nou met vulsel op en plaas terug in Yskas tot voor opdiening. Bedien met room en Vars ontpitte Kersies