Tuesday 14 January 2014

Kerrie Perskes




Kerrie Perskes
Bestanddele
440 g Perskes
500 ml Bruin Asyn
12,5 ml Borrie
8 Klein Uitjies
12,5 ml Kerrie Poeier

10 ml Mielieblom
250 ml Suiker

Metode
Versnipper Perskes. Kook asyn, kerriepoeier, borrie en uie saam. Voeg suiker en mielieblom by om sous te verdik. Voeg perskes by en kook goed. Bedien warm of koud op.

Wenk
Uie kan in ringe gesny word. Los slaai in yskas vir 'n dag sodat geure behoorlik kan meng.