Friday 10 January 2014

Kedgeree met Haddock

Ek was op soek na 'n oulike resep vir rys en siedaar, kom toe op hierdie oulike resep van Huiskok op die net af:
Huiskok Kedgeree
3 eiers
Vir rys:
2 koppies basmati rys (gewone langkorrel-rys ook reg)
2 kardomompeule
5 ml borrie
15 ml botter
600g skelvis (haddock) – onthou jy kan gerookte snoek ook gebruik.
1 ui, fyngekap
Botter of olie vir braai
25 ml Kerriepoeier
5 ml komyn
10 ml mosterdsaad
Skil en sap van 1 suurlemoen
2 tamaties, pitte verwyder en fyngekap
Vars koljander (of pietersielie indien verkies), gekap

Metode:
Kook die eiers vir 8 minute, koel dit af en laat eenkant.
Kook die skelvis liggies in genoeg water om dit te bedek. Laat afkoel en vlok die vis. Verwyder vel en grate.
Kook die rys in soutwater waarby borrie, kardomom en botter gevoeg is.
In ‘n groot braaipan, braai die uie en gemmer vir ‘n paar minute tot dit begin verbruin en voeg dan die kerriepoeier, komyn en mosterdsade sade  by.  Kook nog ‘n paar minute en voeg skil en sap van die suurlemoen by.
Sit dit rys, visvlokkies en fyngekapte tamatie in die pan, en roer saggies deur. Laat goed warm word. Skil die gekookte eiers, sny in kwarte of selfs fyner en voeg by die rys. Rond of met vars koljander.
Bedien warm.