Wednesday 18 December 2013

ROOS-EN-PISTASIE-SJOKOLADE-MOUSSE




ROOS-EN-PISTASIE-SJOKOLADE-MOUSSE

JY BENODIG
250g 70% donkersjokolade
45ml botter, gesmelt
3 eiers, geskei
60ml versiersuiker
20ml rooswater
100g pistasieneute fyngekap
vars bessies van jou keuse
METODE
Plaas sjokolade en botter in glasbak oor pot met kookwater en roer tot gesmelt. Verwyder van hitte en roer eiergele een vir een by – as mengsel sou skif, gooi klein bietjie volroommelk by. Meng rooswater by. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en gooi versiersuiker by terwyl jy klits. Hou aan klits tot blink en styf. Vou by sjokolademengsel in. Skep in klein glasbakkies van jou keuse. Sprinkel neute oor. Sit voor saam met gebakte oblietjies en vars vrugte.