Monday 13 January 2014

ELFUURKOEK VIR ALMAL




ELFUURKOEK VIR ALMAL

JY BENODIG
½ koppie druiwepitolie
½ koppie plus 1 eetlepel heuning
4 eiers, geskei
1 ½ teelepel vanielje-ekstrak
1 ½ koppie rysmeel
1 koppie vars frambose
METODE
Klits olie, heuning, eiergele en vanielje saam. Meng meel by. Klits eierwitte tot stywe punte vorm en vou by beslag. Vou helfte van frambose versigtig by. Gooi in 22cm losboompan en strooi res van frambose oor. Bak in oond teen 180˚C vir 30 tot 35 minute.