Monday 13 January 2014

AARBEI-RISSIEKONFYT




AARBEI-RISSIEKONFYT

JY BENODIG
3kg vars aarbeie
8 klein rooirissies, ontpit en fyngekap
4 koppies suiker
sap van 2 suurlemoene
METODE
Verhit aarbeie, rissies en suiker in kastrol. Kook oor medium hitte vir 1 uur. Roer suurlemoensap by en verwyder van hitte. Laat effens afkoel en skep in vier klein konfytflessies. Hou in yskas (kan tot 3 weke hou in yskas).