Tuesday 17 December 2013

Sjokolade-en-karamelblokkies




Sjokolade-en-karamelblokkies
Genoeg vir: sowat 16
Bereidingstyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
Baktyd: 20 minute

250 ml (120 g) koekmeel
125 ml klapper
125 ml bruinsuiker
125 g botter, gesmelt

Karamelvulsel:
80 ml gouestroop
125 g botter, in blokkies gesny
2 blikke (elk 400 g) kondensmelk

Sjokolade-bolaag:
200 g donkersjokolade, in blokkies gebreek
15 ml olie

1 Voorverhit die oond. Plaas die koekmeel, klapper, suiker en botter in ‘n mengbak en roer tot gemeng. Druk die mengsel in ‘n koekpan (20 x 30 cm) wat met bakpapier uitgevoer is en bak vir sowat 10-15 minute of tot goudbruin. Hou eenkant.
2 Berei die karamelvulsel Verhit die gouestroop, botter en kondensmelk in ‘n klein kastrol oor lae hitte en roer tot die botter gesmelt is. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en prut tot die karamel dik is. Giet oor die gebakte kors in die koekpan en bak vir sowat 20 minute of tot die karamel goudbruin is. Laat heeltemal afkoel.
3 Berei die sjokoladebolaag Smelt die sjokolade en olie saam en smeer bo-oor die karamellaag. Sny in blokkies.