Tuesday 17 December 2013

Kruiefrikkadelle met parmesaan en vinkelsaad




Wat is lekkerder om 'n piekniek-mandjie te pak en die dag op een van jou gunstelling plekke deur te bring.

Hier is so 'n paar idees vir jou mandjie.

Kruiefrikkadelle met parmesaan en vinkelsaad
Genoeg vir: sowat 24
Bereidingstyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
Gaarmaaktyd: 6-8 minute
1 sny witbrood
60 ml melk
250 g gemaalde beesvleis
250 g gemaalde varkvleis
1 eier
250 ml parmesaankaas, gerasper
10 ml vinkelsaad
15 ml vars origanum, gekap
15 ml vars Italiaanse pietersielie, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
30 ml vars suurlemoensap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
30 ml olyfolie

1 Voorverhit die oond. Plaas die brood en melk in ‘n groot mengbak en laat staan vir sowat 2 minute of totdat die melk geabsorbeer is. Voeg die maalvleis, eier, parmesaan, vinkel, origanum, pietersielie, knoffel, suurlemoensap en sout en swartpeper by en meng. Vorm frikkadelle.
2 Verhit die olyfolie in ‘n braaipan enbraai die frikkadelle vir sowat 2-3 minute aan elke kant tot goudbruin. Plaas die frikkadelle op ‘n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en bak dit vir sowat 6-8 minute of tot deurgaar.