Tuesday 17 December 2013

Baguettes met bief, pecorino en mosterd




Baguettes met bief, pecorino en mosterd
Genoeg vir: 8-10 porsies
Bereidingstyd: 10-15 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute, afhangend van die dikte van die steak en die verlangde graad van gaarheid

700-800 g kruisskyf
olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper
1 lang of 2 kort baguettes
100 g pecorinokaas
2 hande vol vars bronkorsblare
Mosterdmayonnaise:
125 ml mayonnaise
15 ml korrelrige mosterd
1 Verhit ‘n riffelpan oor hoë hitte. Verf die kruisskyf met olyfolie en geur met sout en swartpeper. Braai die steak oor hoë hitte in die riffelpan tot die verlangde graad van gaarheid. Laat staan om te rus en sny dan in dun skyfies.
2 Sny die baguette in die lengte oop en smeer albei kante met mosterdmayonnaise. Sit die biefskyfies in die baguette. Sny die kaas in dun skyfies en pak dit bo-op die bief. Sit laastens die bronkors bo-op die kaas. Sny die baguette in stukke om voor te sit.