Wednesday, 6 November 2013
VRUGTEKOEK VIR DIÉ WAT NIE VRUGTEKOEK EET NIE
VRUGTEKOEK VIR DIÉ WAT NIE VRUGTEKOEK EET NIE
METODE
¼ koppie marashino-kersies, in helftes gesny
¼ koppie dadels, gekap
¼ koppie ingelegde groenvye, in blokkies gesny
¼ koppie gepreserveerde gemmer, in blokkies gesny
80ml witsuiker
80ml bruinsuiker
175ml esdoringstroop (‘maple syrup’)
170g botter
175ml melk
1 eetlepel brandewyn
330g bruismeel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
½ teelepel sout
2 teelepels fyn gemmer
2 eiers, geklits tot skuimerig
versiersuiker
JY BENODIG
Plaas eerste 8 bestanddele in pan en verhit totdat suiker opgelos is. Verwyder van hitte en roer melk by. Voeg brandewyn by. Meng droë bestanddele in mengbak en maak holte in die middel. Gooi gesmelte bestanddele in holte en meng. Vou eiers by beslag. Voer bodem van 22-24cm losboompan met waspapier en skep beslag bo-op. Bak in oond vir 50 minute teen 180˚C. Laat afkoel en verwyder uit pan. Plaas papierdoilie bo-op en sprinkel met versiersuiker, verwyder doilie.