Wednesday, 6 November 2013

GEBAKTE ASPERSIES



GEBAKTE ASPERSIES

METODE
25 vars, dun aspersies
1 eetlepel roosmaryn, fyngekap
4 eiers
2 eetlepels room
100g sagte bokmelkkaas
30g botter
seesout
grofgemaalde swartpeper
1/3 koppie olyfolie
sap van 1 suurlemoen
1 eetlepel heuning
vars roketblare of basiliekruid
‘n paar skyfies prosciutto
enige sagte kaas met skil, soos brie of camembert, in skyfies gesny of gebreek

JY BENODIG
Braai aspersies in oond of pan, of plaas in kokende water vir 3 minute. Dreineer en rangskik op bodem van gesmeerde tertbak. Breek bokmelkkaas en rangskik bo-oor. Sprinkel roosmaryn oor. Klits eiers en room saam, geur met sout en peper. Gooi bo-oor aspersies en bak in oond teen 180˚C vir 30 minute. Klits olyfolie, suurlemoensap en heuning saam, hou eenkant. Haal gebakte aspersies uit oond en laat afkoel. Rangskik blare, prosciutto en ekstra kaas bo-oor. Bedien met olyfoliemengsel in aparte bekertjie.