Monday 11 November 2013

Vinnige tunagebak





Vinnige tunagebak

Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
Genoeg vir 6 mense 

500 ml (2 k) skroefpasta
 170 g x 2 blikke tuna
 250 g sampioene, in skywe gesny
 2 sprietuie, gekap
 250 g kaas-en-uie-tjips, fyngedruk
 250 ml (1 k) dikroom
 4 eier, geklits
 sout en peper, na smaak
 250 ml (1 k) gemengde kaas (mozzarella en cheddar)
 slaai vir voorsit

1.    Voorverhit die oond tot 180 ⁰C. Smeer ’n koekpan. Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking en dreineer.

 2.    Meng die tuna, sampioene, sprietuie en tjips in ’n bak. Meng die room, eiers, sout en peper in ’n beker. Giet die roommengsel by die tunamengsel in, voeg die helfte van die kaas by en meng.

 3.    Bedek die bodem van die gesmeerde koekpan met die pasta. Bedek met die tunamengsel en oorblywende kaas. Bak ’n halfuur of tot ferm. Sit voor saam met slaai.