Monday 11 November 2013

LOURENS SE TRIFLE POEDING RESEP




Lourens de Lange
LOURENS SE TRIFLE POEDING RESEP

Bestanddele:
• 1 sponskoek
• 1 blik vrugte kelkie...
• 500 ml melk vla (box)
• 1 Spuit kannetjie skuim room
• 1/2 koppie brandewyn
• 1 blikkie aarbeie

Hoe Trifle Poeding te maak :
• Verdeel die koek in ronde skywe van 12mm dik elk.
• Plaas ‘n lag sponskoek onder in die bak.
• Besprinkle die koek liggies met brandewyn.
• Plaas nou ‘n laag vrugtekelkie oor die koek.
• Gooi ‘n laag vla oor hierdie gedeelte.
• Herhaal die hele gedeelte van die koek af weer, plaas nou ook koek ringe langs die kante
van die bak ook.
• Herhaal al die prosesse weer tot bak vol is , eindig met koek heel bo
• Maak toe met “kling” en laat rus in die yskas tot volgende dag .
• Garneer met skuim room en vars aarbeie of gebreekte “flake”bo-op.
• Hou in yskas. Trifle poeding is gereed om te dien .