Monday 11 November 2013

Korslose Souttert



Korslose Souttert

Vinnige aandete of sout happies vir die gaste.
Hierdie korslose souttert resep het ek by my skoonma gekry. Werk baie lekker in kolwyntjie panne en kan gevries word.
Hierdie is 'n wenner!! Werk baie lekker vir 'n aandete of in klein kolwyntjie pannetjies vir 'n sout happie.

Jy benodig:
1 Blik weense worsies
1 Blik Bully beef of vervang met bacon. (of altwee saam werk ook lekker)
2 K kaas gerasper
1 K Melk
2 Eiers
1 ui gerasper
1 tl pietersielie
1 el meelblom
sout en peper na smaak

1. Sny die weense worsies in klein stukkies
2. Sny die bully beef in blokkies / of die bacon in klein stukkies.
3. Rasper die ui
4. Meng al die bestandele saam
5. Skep in gesmeerde glas bak of skep in gesmeerde kolwyntjie panne.
6. Bak tot ligbruin teen 180 grade.
(Uit Ma se kombuis)