Sunday 10 November 2013

GROENBOONTJIEKERRIE




Lourens de Lange
GROENBOONTJIEKERRIE
Slaai Resepte
2 kg groenboontjies
5 medium uie
200 g suiker ( 250 ml ) ( 1 k ) ...
12,5 ml sout ( 1 E )
30 g kerriepoeier ( 60 ml ) ( 1/ 4 k )

10 ml borrie ( 2 t )
30 g mielieblom ( 60 ml ) ( 1/ 4 k )
900 ml asyn ( 3 2/ 3 k )

METODE

Kerf die boontjies, nie te fyn nie, en kook ongeveer 20 minute lank in `n bietjie water tot amper sag.
Sny die uie in skywe, voeg by en kook nog 5 minute lank.
Meng die droë bestanddele met `n bietjie asyn en roer by die groente. Voeg die res van die asyn by.
Laat 5 minute lank stadig kook, vul warm, gesteriliseerde flesse en verseël.