Wednesday 13 November 2013

GEHEIME OOSTERSE PAKKIES




GEHEIME OOSTERSE PAKKIES

JY BENODIG
6 hoenderborsies (geen vel), in repies gesny
2 geelwortels, in repies gesny
4 sprietuie, gekap
1 koppie jong spinasie, gebreek
1 eetlepel vars gemmer, gekap
1 eetlepel suurlemoenskil, fyngerasper
1 eetlepel sojasous
1 eetlepel sjerrie
1 eetlepel bruinsuiker
waspapier
1 koppie groente-olie
METODE
Meng eerste 6 bestanddele saam. Sny waspapier in 12 vierkante. Skep hoendermengsel in middel van vierkante en vou toe. Verhit 1 koppie groente-olie in pan. Braai pakkies in olie tot inhoud begin verbruin, ongeveer 5 minute. Dreineer op kombuishanddoek en plaas op opdienbord.