Sunday 10 November 2013

BASIESE OMELET




Lourens de Lange
BASIESE OMELET
Ontbyt Resepte

OMELETTE
...
1. Gebruik 1 eier vir elke persoon en 1 e vloeistof (water of melk) vir elke eier.
2. Klits die wit van die eiers styf en sonder om die eierklitser te was, klits die geel van
die eiers tot dit liggeel van kleur is. Voeg die vloeistof en sout na smaak by die geel
van die eiers.
3. Vou die styfgeklopte wit van die eiers in die geel.
4. Verhit ʼn braaipan en smeer dit op die boom en aan die kante met botter of vet. Die
pan moet klein genoeg wees dat die eiermengsel nie te dun uitsprei nie en goed
kan rys.
5. Gooi die eiermengsel in die pan en maak dit gaar oor stadige hitte totdat dit
opgepof en ligbruin van onder is.
6. Laat die pan ʼn paar minute lank in ʼn matige oond staan tot die omelet bo-op droog
is. (As die omelet te lank bak, sal dit krimp en taai word.)
7. Maak ʼn duik in die meddel van die omelet met die agterkant van ʼn mes en maak
dit los van die kante van die pan met die mes.
8. Streek ʼn slaplem-mes onder die een helfte in en vou dit toe oor die een helfte in en
vou dit toe oor die ander helfte.
9. Laat dit versigtig op ʼn warm bord afgly en dien onmiddellik op.

VARIASIES

Kaas. Srooi gerasperde kaas met ʼn skerp geur oor die omelet net voordat dit toegevou of terwyl dit gaargemaak word.
Biltong. Strooi gerasperde biltong oor net voordat dit toegevou word.
Uie. Voeg 1 e fyngekapte ui en 1 t fyngekapte pieterselie by voordat die omelet-mengsel in die pan gegooi word.
Ham. Of enige soort koue vleis of pluimvee. Maal die gaar vleis fyn en verhit dit of braai effens bruin in warm vet en strooi dit oor die middel van die omelet terwyl dit gaar word.
Groente. Meng enige gaar groente, met witsous en gebruik as vulsel vir ʼn omelet.
Vis. Maak enige gaar vis fyn, voeg sout en perer by na smaak en maak dit klam met room. Verwarm die vis en sit dit op die omelet voor-dat dit toegevou word.
Pieterselie. Braai 1 tot 3 t gekapte pieterselie in ʼn bietjie botter en voeg dit by die eiermengsel.