Wednesday, 2 October 2013

VISKOEKIES OP GEURIGE KAPOK



VISKOEKIES OP GEURIGE KAPOK

BOLAAG:

JY BENODIG:
1 eetlepel botter
2 uie, gekap
200g jong spinasie
sap van ½ suurlemoen
knippie neutmuskaat
seesout
grofgemaalde swartpeper
1 teelepel mielieblom
1 eetlepel water
METODE
Verhit botter in kastrol. Karamaliseer uie vir 30 minute. Voeg spinasie, suurlemoensap en neutmuskaat by. Roer tot spinasie verwelk. Geur met sout en peper. Meng mielieblom en water. Roer by spinasie en laat prut tot verdik.

VISKOEKIES:

JY BENODIG
500g wit vis, gevlok
1 knoffelhuisie, fyngekap
½ koppie crème fraîche
1 ½ koppies broodkrummels
skil van ½ suurlemoen, fyngerasper
1 eetlepel pietersielie, fyngekap
blaartjies van 1 takkie tiemie
¼ teelepel neutmuskaat
¼ teelepel witpeper
seesout
1 eetlepel druiwepitolie
METODE
Meng al die bestanddele saam en geur liggies met sout. Vorm 6 viskoekies en druk effens plat, plaas in yskas vir 30 minute. Verhit olie in pan en braai koekies tot ligbruin aan albei kante.

KAPOK:

JY BENODIG
500g jong aartappels, in skil gekook
300g gaar blomkool
1 eetlepel botter
1 eetlepel room of melk
seesout
METODE
Plaas eerste 4 bestanddele in mengbak (terwyl aartappels en blomkool warm is). Gebruik vurk en meng tot gladde mengsel. Geur met sout.

OPDIENING:

JY BENODIG
6 snye italiaanse brood of 6 halwe ciabatta-brode
1 knoffelhuisie
olyfolie
METODE
Rooster brood liggies en vryf met knoffel. Drup baie liggies met olyfolie. Skep kapok op elke sny. Plaas viskoekie bo-op. Skep hopie spinasie bo-op en bedien.