Sunday 13 October 2013

Vinnige Ontbyt skons





Vinnige Ontbyt skons

Bestanddele
500 ml koekmeel
125 ml gerasperde Cheddarkaas
15 ml bakpoeier
1 eier
5 ml suiker
100 ml melk
2 ml sout
100 ml water
5 ml mosterdpoeier

50 ml kookolie
Paprika

Metode
Sif droë bestanddele. Voeg kaas by. Klits eier, melk, water en olie. Maak holte in middel van droë bestanddele en giet vloeistof in. Meng vinnig tot sagte deeg met vurk. Drup lepels vol op geoliede bakplaat, strooi paprika oor bokant. Bak 10 - 12 min by 220ºC. Sit warm voor met botter.
Lewer 12 groot skons.