Ontbyt uit die oond
12 varkworsies
3 uie, geskil en in wiggies
gesny1 groen soetrissie, ontpit en in breë repe gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in breë repe gesny
30 ml (2 e) olyfolie
‘n paar takkies vars roosmaryn
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
12 bruin sampioene, in kwarte gesny
250 g kersietamaties
60 ml (¼ k) basiliekruidpesto
2. Plaas die worsies en uie in
‘n vlak oondpan en sprinkel die olie en roosmaryn oor. Geur na smaak.
3. Braai dit sowat 30 minute
lank en skud die pan elke nou en dan.
4. Voeg die soetrissies,
sampioene en tamaties by en braai nog 30 minute of tot die worsies gaar is.
5. Roer die pesto by en geur na
smaak.
Bedien met dik skywegebotterde
roosterbrood.