Wednesday 23 October 2013

Vegetariese burgers




Vegetariese burgers
Genoeg vir 6 mense

BURGERKOEKIES
 2 blikke (400 g elk) gemengde bone
 1 ui, gekap
 2 knoffelhuisies, gekap
 2 ml (½ t) fyn komyn
 2 ml (½ t) fyn koljander
 hand vol pietersielie, gekap
 2 ml (½ t) brandrissiepoeier
 30 ml (2 e) meel
 sout en peper

SOUS
 125 g hummus
 30 ml (2 e) olyfolie
 15 ml (1 e) suurlemoensap
 15 ml (1 e) heuning
 15 ml (1 e) tahini (sesam-pasta)

VIR AFRONDING
 olie vir diepbraai
 6 rolletjies
 botterblaarslaai
 1 tamatie, in skywe gesny
 1 rooi-ui, in skywe gesny

Burgerkoekies Plaas die bestanddele in ’n voedselverwerker en verwerk tot ’n pasta met ’n growwe tekstuur. Vorm in dik koekies. Laat 30 minute of tot ferm in die yskas afkoel.
Sous Plaas al die bestanddele in ’n bak en klits tot goed gemeng.
Vir afronding Braai die koekies 5-8 minute of tot goudbruin weerskante in die warm olie.
Sny die rolletjies middeldeur. Smeer die onderste helftes met die sous en bedek met ’n burgerkoekie, blaarslaai, tamatie en ui. Bedek met die boonste helftes van die rolletjies.