Wednesday 23 October 2013

Ontbytpannekoek




Ontbytpannekoek

Jy benodig

•1 pak sampioene
•1 pak kaasworsies
•1 pak repiespek
•2 tamaties
•1 hardgekookte eier per porsie
•1 pannekoek per porsie

Só maak jy

1 ’n ‘Mixed grill’. Sny die sampioene in skyfies en braai dit in ’n pan totdat dit mooi goudbruin is. Braai nou sommer in dieselfde pan vir elke porsie twee repe spek en ’n kaasworsie totdat die spek lekker bros en die worsie deurgaar is.
 2 Tap die olie af. Skep dit alles op kombuispapier uit om te dreineer.
 3 Wat het vanmy dop geword? Laat die hardgekookte eiers ’n bietjie afkoel, dop d
 it af en sny elke eier oor sy lengte in middeldeur.
 4 Paslaken vir ’n beker. plaas ’n pannekoek binne-in ’n blikbeker sodat die rande ’n bietjie na buite oorhang.
 5 Laai hom vol. Sny die kaasworsie en spekrepies middeldeur, die tamatie in wiggies en pak dan al die ontbytkos binne-in die pannekoek. Sprinkel ’n bietjie sout oor en sit dit voor voordat dit afkoel.

Wenk: In plaas van hardgekookte eiers kan jy ook roereier maak en dié eerste inskep. Dan kan jy vir die laaste happies die pannekoek oor die roereier toevou.
(WegSleep)