Monday 21 October 2013

Kerrie Perskeslaai

Hanlie Jonker


Kerrie Perskeslaai: 1 groot ui gekap, 125ml wit asyn, 25 ml mielieblom, 5 ml borrie, 25 ml margarien, 25 ml suiker , 5 ml kerriepoeier, 1 blik perskes, braai die uie in margarien, ( ek voeg ook 'n stukkie gemmer, 'n paar naeltjies, koljander & paar korrels All spices in 'n stukkie gaas toegebind. saam met al die ander bestanddele. ) Meng asyn, suiker, mielieblom, kerrie en borrie met die stroop vd perskes & gooi oor uie. Kook tot dik - voeg perskes by - roer goed deur, laat net deur kook (sodat perskes goed warm word) - haal die sakkie speserye uit en bottel. (As ek dit maak doen ek dit x 4 of x 6 - hang af hoeveel slaai ek wil bottel.) Geniet dit....