Wednesday 23 October 2013

HOENDER MET DRUIWE




JY BENODIG
6 eetlepels druiwepitolie
12 hoenderdye
sap van 3 suurlemoene
4 klein uie of sjalotte
1 ½ koppie pitlose groen druiwe, gehalveer
2 eetlepels Italiaanse pietersielie, gekap
METODE
Verhit 3 eetlepels olie in pan. Braai hoenderdye vir 8 minute tot bruin aan albei kante. Plaas in oondbak, gooi suurlemoensap oor en geur met sout. Bak in oond teen 180˚C vir 30 minute. Haal hoender uit oond, voeg uie by en bedrup met ekstra olie indien nodig. Plaas terug in oond vir ’n verdere 25 minute. Haal uit oond en voeg druiwe by, plaas terug in oond vir 10 minute. Bedrup met ekstra suurlemoen of olie indien nodig. Skep in opdienbak, geur met peper en garneer met pietersielie.HOENDER MET DRUIWE