Monday 14 October 2013

Heuningkoek




Heuningkoek - Landbouweekblad
170 g heuning
 140 g botter
 80 ml ligbruinsuiker
 30 ml water
 2 eiers, geklits
 200 g bruismeel
Versiersel
 250 ml versiersuiker, gesif
 30 ml heuning
 water
Voorverhit oond tot 180 °C en smeer koekpan van 20 cm goed. Voer boom en kante van pan met bakpapier uit. Verhit heuning, botter, suiker en water stadig oor lae hitte tot suiker gesmelt is. Verwyder van hitte en klits eiers en bruismeel by tot gladde beslag. Giet in pan en versprei egalig. Bak sowat 40 minute tot koek gaar is.
 Terwyl koek bak, mengversiersuiker en heuning tot ’n smeerbare versiersel (voeg ’n druppel of twee water by indien te dik). Keer koek uit, laat afkoel tot louwarm en smeer versiersel oor.
Variasie: Nóg ’n versiersel vir dié koek is...
Crunchie-ganache: Smelt 100 g donker sjokolade en 100 ml room tot glad. Laat afkoel en smeer oor koek. Rasper ’n Crunchie-sjokoladestafie grof en sprinkel oor die koek.