Wednesday, 23 October 2013
GEBAKTE VERMICELLI
GEBAKTE VERMICELLI
JY BENODIG
250g vermicelli of ander dun pasta
3 eetlepels druiwepitolie
1 knoffelhuisie, gekap
1 koppie groente- of hoenderaftreksel
seesout
grofgemaalde swartpeper
1 eetlepel vars pietersielie, fyngekap
METODE
Verhit olie in kastrol of diep pan. Roerbraai pasta en knoffel vir 5 minute tot ligbruin. Gooi aftreksel by en laat prut tot vloeistof absorbeer is. Verwyder van plaat en geur met sout en peper. Gooi mengsel in losboompan en bak in oond teen 180˚C vir 15 minute (plaas foelie losweg bo-op om te keer dat die pasta te erg verbruin). Haal uit oond en laat staan vir ’n paar minute. Keer uit op bord, sprinkel met pietersielie en bedien.