Wednesday, 2 October 2013
Espresso - sjokolade kluitjie poeding...
Espresso - sjokolade kluitjie poeding...
125 g botter, plus ekstra vir oorstip
100 ml appelkooskonfyt
12,5 ml koeksoda
250 g koekmeel
100 ml melk
Sous
1 liter sterk espresso
400 ml suiker
20 ml vanielje
500 ml fyngekapte donkersjokolade
Voorverhit die oond tot 200 °C. Verhit al die sousbestanddele, behalwe die sjokolade, saam met 500 ml water in 'n groot kastrol. Roer tot die suiker heeltemal opgelos het. Haal dit van die plaat af en klop die sjokolade daarby in tot dit goed gemeng is.
In 'n aparte kastrol, smelt die botter en appelkooskonfyt saam. Voeg die koeksoda by. Sif van die meel en 'n knippie sout by. Roer van die melk by. Voeg die res van die melk en meel om die beurt by, bietjies-bietjies op 'n slag. Maak 'n diep oondvaste bak of individuele bakkies halfvol met die espresso-sous.
Skep lepels vol van die sjokoladepoedingmengsel in die sous. Los genoeg spasie vir die kluitjies om uit te swel en in die sous te dryf as dit gaar is. Stip dit met botter. Maak die bak toe met 'n deksel of foelie wat styf pas en maak seker daar is genoeg plek vir die kluitjies om te rys. Bak dit vir sowat 20 tot 25 minute in 'n warm oond.