Friday 27 September 2013

Suurlemoen-meringue-tertjies




Suurlemoen-meringue-tertjies
(6 porsies) 6 klein individuele oondbakkies
Kors
◾100 g tennisbeskuitjies
◾3 eetlepels botter
Maak die tennisbeskuitjies baie fyn in jou voedselverwerker. Smelt die botter en voeg by die krummels. Druk die mengsel in die bakkies.
Vulsel
◾1 blik kondensmelk
◾100 ml suurlemoensap
◾2 eiergele
◾6 eierwitte
◾90 ml strooisuiker
Klits die kondensmelk, suurlemoensap en eiergele goed saam. Verdeel die mengsel tussen die bakkies. Plaas die bakkies op ’n bakplaat en bak vir 15 minute teen 160 °C. (As jy ’n groot tert maak, sal dit 30 minute bak.) Klits intussen die eierwitte styf en voeg die strooisuiker lepel vir lepel by. Haal die tertjies uit die oond en skep die meringue bo-op. Verminder die temperatuur tot 120 °C en bak vir nog 20 minute.