Thursday 22 August 2013

Oop pot omelet




Oop pot omelet

5 eiers geklits, bietjie melk en bietjie bakpoeier
Spek en uie gebraai
Blokkies ham
Blokkies tamatie
Gerasperde kaas

Smeer swartboompotjie goed met botter en dan bietjie olie. Gooi eiersmengsel in en sit deksel op – oor lae hitte laat eiers gaar word en lekker pof. Eiers moet nog klam, effe nat  wees as die volgende oorgegooi word. Gooi oor die spek, uie, ham, tamatie en laastens die kaas.Sout en peper. Sit deksel terug en laat op baie lae hitte alles smelt en warm word. Jy kan ook sampioene saam met die uie braai, en ook green, red en yellow pepper.