Wednesday, 21 August 2013

Glutenvrye suurlemoenpoeding





Glutenvrye suurlemoenpoeding

’n Warm winterpoeding waaraan mense met ’n intoleransie vir gluten ook kan smul.

Genoeg vir: 4
Baktyd:
45 minute
Oondtemperatuur:
180 °C

• 90 ml (85 g) sagte botter
• 320 ml (280 g) strooisuiker
• 4 groot eiers, geskei
• 125 ml (75 g) glutenvrye koekmeel
• 500 ml melk
• 125 ml suurlemoensap

• 10 ml fyngerasperde suurlemoenskil
• vars bloubessies om voor te sit

1 Klits die botter en suiker saam tot lig. Klits die eiergele by.

2 Voeg die meel by. Roer eers die melk en dan die suurlemoensap en -skil by.

3 Klop die eierwitte styf. Vou ’n kwart van die beslag by die eierwitte in en vou dan dié mengsel by die res van die beslag in. skep in ’n gesmeerde oondbak of individuele ramekins. Sit die bak in ’n oondpan en maak die pan halfvol met kookwater. Bak in die verhitte oond vir 45 minute of tot die poeding goudbruin is. Haal uit die pan met water en laat staan vir 10 minute. Sit voor met vars bloubessies.