Wednesday, 21 August 2013

Giet jou eie kersvorms

 

Giet jou eie kersvorms

Meng die gips Sit ’n stofmasker op en trek hand- skoene aan. Gooi water in ’n bak en strooi bietjies-bietjies gipspoeier daaroor (jy kan werk met sowat 250 g gipspoeier per 250 ml water). Kap liggies teen die kant van die bak sodat die lug kan ontsnap. Moenie roer nie. Die water sal melkerig word. Hou aan gipspoeier strooi tot dit net onder die oppervlak van die water is. Roer die mengsel ná ’n ruk versigtig. Die gips is gereed wanneer dit soos dun jogurt lyk.

Jy benodig
• item waarvan jy ’n vorm wil maak

• gietrubber (‘casting rubber’; ons het Dala s’n gebruik)
• gipspoeier
• gaas
• gom
• bak met (bou)sand
• handskoene en stofmasker
1 Plak jou voorwerp op ’n houtbordjie vas. Ons het ons houtvoorwerp met ’n gomgeweer op die bord geplak sodat dit maklik weer kan afkom.
PlasterStep1
2 Verf die hele voorwerp met ’n lagie gietrubber. Verf ’n dun lagie en maak seker dit dam nêrens op nie. Laat dit droog word. Verf nog minstens vyf tot ses sulke lae aan – laat elke laag eers droog word.
PlasterStep2
3 Knip intussen die gaas in stroke waarmee jy die voorwerp kan bedek. Verf nou nog ’n laag rubber oor die voorwerp en sit ’n stukkie gaas oor. Verf nog rubber oor.
PlasterStep3
4 Bedek die hele voorwerp so met gaas en rubber. Laat dit droog word. Herhaal met nog ’n laag rubber gevolg deur nog  ’n laag gaas en rubber. Laat dit nou heeltemal droog word – dit kan tot 24 uur duur.
PlasterStep4
5 Trek die rubbervorm versigtig los van die houtbordjie. Trek ook die voorwerp van die bord af waar jy dit vasgeplak het. Laat die rubbervorm van binne uitdroog.
PlasterStep5
6 Trek die rubbervorm versigtig van die voorwerp af. Die rubber moet heeltemal droog wees, anders sal dit vervorm.
PlasterStep6
7 Sit die rubbervorm onderstebo in die bak met sand – die sand sal die vorm in plek hou wanneer jy die gips ingiet. Meng jou gips volgens die aanwysings.
PlasterStep7
8 Maak seker jou rubbervorm staan gelyk en giet dan die mengsel stadig in die vorm (dit keer dat lugborrels vorm). Kap liggies teen die houer se rand om van enige lug ontslae te raak. Laat die gips stol.
PlasterStep8
9 Trek die rubbervorm versigtig van die gestolde gipsvorm af. Laat staan dit totdat dit uitgedroog het – dit kan tot ’n paar dae duur. Verf die gipsvorm met handwerkverf in die kleur van jou keuse.
PlasterStep9



Idees Tydskrif