Wednesday, 21 August 2013
Boereworskerrie
Boereworskerrie
1 ui, gekap
30 ml olie
2 groen brandrissies, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
5 ml gemaalde koljander
10 ml komyn
2 ml borrie
15 ml kerriepoeier
2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties
250 ml water
Sout, vars gemaalde swartpeper en suiker na smaak
500 g gaar boerewors, in klein stukkies gesny
Gekapte, vars pietersielie na smaak
Braai die ui in die olie tot sag. Voeg die brandrissies, knoffel, koljander, komyn, borrie en kerriepoeier by en braai vir 3-5 minute. Voeg die tamaties en water by en verhit tot kookpunt.
Prut vir 25 minute tot die sous lekker afgekook is. Geur na smaak met sout, peper en ’n knippie suiker. Voeg die boerewors by, verhit weer tot kookpunt en prut stadig vir ongeveer 15 minute. Roer gekapte pietersielie by en sit voor op rys of pap. Lewer ses porsies.