Wednesday, 10 July 2013
Visvinger Pastei
Visvinger Pastei
Jy benodig:
1 pak met 36 visvingers (gevries)
1 pakkie sampioenroom soppoeier
250ml vars room
410g blikkie tamatie- en uiesmoor
Gerasperde kaas van jou eie keuse
Peper
Só maak jy: Pak ‘n dubbellaag gevrieste visvingers langs mekaar in rye in ‘n oondbak
Gooi tamatiesmoor eweredig oor visvingers. Gooi peper na smaak oor. Geen sout asb!
Meng sampioenroomsop goed met room en gooi ook oor visvingers
Laastens, gooi gerasperde kaas bo-oor alles en bak teen 180º C vir so ongeveer 45 minute
As pastei bokant nie bruin genoeg is na 40 min, skakel die “griller” aan sodat dit mooi bruin word
Laat staan buite die oond vir 10 min voor jy dit opdien met gebotterde broodrolletjies of roosterbrood
OF
VISVINGER GEREG
pak 'n laag visvingers in gesmeerde oondbak, smeer 1 blikkie sweatcorn bo-op visvingers, dan mashpatatoes bo-op swearcorn. Stippel botter bo-op aartappel (kan ook bietjie gerasperde kaas oor strooi. Bak so 25 min in oond by 180 C