Monday, 15 July 2013

Tamatieblatjang




Tamatieblatjang

Die blatjang het ’n heerlike soetsuur smaak en dis glad nie baie sterk nie.

Genoeg vir 1 bottel van sowat 750 ml

800 g groot rosa-tamaties
350 g klein geel rosalinitamaties
2 rooi-uie
2 rooi brandrissies

300 g (375 ml) sagte bruinsuiker (sien bl. 64)
190 ml rooiwyn-asyn

1.Sny rosa-tamaties in blokke. Halveer die klein rosalini-tamaties.
2. Kap uie fyn en sny brandrissies in skywe. Behou die pitte van die brandrissies.
3. Plaas uie en brandrissies saam met tamaties. en bruinsuiker in ’n kastrol.
4. Voeg asyn by en plaas op stoofplaat. Bring tot kookpunt terwyl jy roer. Verlaag hitte en laat prut oop vir 30 – 40 minute. Roer elke nou en dan. Die blatjang sal dik en konfytagtig word. Laat afkoel en skep in houer. Hou in yskas.