Monday, 15 July 2013

Ida van Kokkedoor se witbrood




Ida van Kokkedoor se witbrood

Lewer 1 brood
Baktyd: 30 minute

500 g witbroodmeel
5 ml (1 t) suiker
5 ml (1 t) sout
1 pakkie (10 g) kitsgis

50 g gesmelte botter en ekstra (ook gesmelt) om oor die brood te smeer vir glans sowat 300 ml sterk lou water of melk en water gemeng.

Voorverhit die oond tot 200 °C.
Smeer ’n broodpan

1 Plaas al die droë bestanddele in ’n groot mengbak. Voeg die botter by die lou water en roer die helfte van die mengsel by die meel.
2 Voeg die res van die water bietjies-bietjies by tot ’n sagte, elastiese deeg gevorm is.
3 Maak met kleefplastiek toe en laat rus 10 minute op ’n warm plek.
4 Vorm ’n brood of rol bolletjies en plaas in ’n pan. Laat rys tot die volume verdubbel het.
5 Bak ’n halfuur tot gaar en tot dit hol klink as daarop geklop word.
6 Laat effe afkoel in die pan. Keer uit op ’n draadrak. Smeer die gesmelte botter oor vir glans.