Friday 12 July 2013

Plaatkoek




Ria Posthumus
Vir daardie dae wat Eskom ons krag vir 'n dag sny en jy kry mense vir ete of tee... Hier is 'n vinnige manier om daai gasstofie nader te trek en 'n nagereg of eetdingetjie te maak vir die tee... ek verduidelik gou....
Neem 'n gewone pan waarin jy sommer eiers bak en maak 'n mengsel plaatkoekie deeg aan en gooi so 'n klein bietjie meer suiker by die mengsel. Verdeel dit in 2 en voeg dan 'n bietjie Kakao by die tweede helfte. Maak groot plaatkoekies.. en as hulle nie almal 100% dieselfde grootte is nie, is dit ook nie die einde van die wereld nie. Pak hulle in lae opmekaar deur die kleure af te wissel. Smeer nou aarbeikonfyt op die een laag, karamel op die volgende, room op die volgende en so bou jy dit op tot hulle klaar is... room natuurlik heelbo en dan versier jy dit met gerasperde sjokolade en kersies. Werk elke keer want hier het ons meer kragonderbrekings as krag.