Wednesday, 17 July 2013

PANGEBRAAIDE HOENDER MET WATERKERS

PANGEBRAAIDE HOENDER MET WATERKERS
Bedien 2 persone

4 ontbeende hoenderborsies, vel verwyder
1 eelpl druiwepitolie
sap van 1 suurlemoen
1 eetlpl sojasous
grofgemaalde swartpeper
bossie vars waterkers
jong aartappels, in oond gebak

Verhit druiwepitolie in pan
Sny hoenderborsies in dun repies en roerbraai oor hoë hitte vir 1 minuut
Voeg sojasous en suurlemoensap by en roerbraai tot sag en bruin, ongeveer 5 minute
Verwyder van plaat en geur met peper
(Minder suurlemoensap kan bygevoeg word indien verkies!)
Bedien met waterkers, jong arrtappels en slaaisous

Slaaisous:

3 eetlpl suurroom
1 eetlpl bruinsuiker
1 tlpl appelasyn
seesout
paprika

Meng eerste drie bestanddele, geur met sout en paprika