Monday 15 July 2013

'n Paar tips om gemmer te plant




Naomi le Roux
'n Paar tips om gemmer te plant.:
* Die plant hou van n beskermde hoekie in die tuin. Hou van warm weer en komposryke grond. ( Wat anders kan jy van 'n tropiese plant verwag?.)
* Dit hou nie van ryp nie... hou nie van direkte sonlig nie of te veel water nie. Grond moet nie deurnat wees nie.
* Koop vars gemmerwortel in vroeë lente... kies vars vet gemmerwortels.
Kyk uit vir gemmerstukke met ogies of wat besig is om uit te loop. Die uitloopsels lyk soos klein vingertjies.
* Party mense week die gemmerstukke in water oornag... dis glad nie n slegte idee nie... omdat die winkel koop gemmerwortel wat behandel is teen n langer raklewe.
* Sit die gemmerwortel direk in die grond sodat die plant reg asem kan haal met die wortelvorming. As jy dit eers in water sit sodat dit wortels kan maak... sal die plant 'n skok kry en doodgaan. As die grond warm en vogtig is... sal die plant vinniger wortels maak. Die plant moenie uitdroog nie.
* As jy jou plant in 'n pot plant moet dit baie goeie grond in hê. Jy kan ook bemesting byvoeg om jou plant vinniger te laat groei.
* GOEIE KOMPOS word gebruik: Meng van jou beste kompos met 1 deel van jou sanderige tuingrond. Kompos bevorder voeding en die sanderige grond / klei sorg dat die water vrylik dreineer.
*As jou tuin goeie tuingrond het kan jy net die kompos inspit. As jou grond te swaar is en geen dreinering bied nie... maak n hoop bo-op of n klein bergie grond om dreinering te bevorder.
* DIE BESTE PLANTTYD IS LAAT WINTER. (Droë seisoen... vroeë reën seisoen - is baie tropies) Maak seker dat jy 'n plek in jou tuin het met baie lig maar geen direkte sonlig nie en waar dit uit die wind uit staan.
* Plant die gemmerknol 26cm (10") diep met die uitloopsels na bo.
* Die plant raak 2 - 3 meters groot. 'n 14" pot kan 2 risome hou. As jy die gemmer uitplant plant dit omtrent 6 - 8" (16 - 21cm) uit mekaar uit.
* Die plant het baie water nodig en moet nooit uitdroog nie. Moenie te veel water gee nie... want dit neem bemesting saam.
* Gemmer hou van warmte en vogtigheid. As jy probleme het met droë lug... sprei dit met n missproei oor die plant. Droë lug veroorsaak spinnemyt op de blare as die plant binneshuis gegroei word. ’n Beskutte klam hoekie in die tuin in 'n warm klimaat sal genoeg vogtigheid voorsien.
* As jy gemmer in die tuin groei sorg dat daar dik kompos en blare onder die plant is om die vogtigheid binne te hou... en die vuilgoed uit.
*Gemmer groei stadig. Na die EINDE VAN DIE SOMER as die weer begin koeler raak sal die gemmerplant begin doodgaan. Verminder die water... laat die grond heeltemal uitdroog. Dit vorm goeie gemmerknolle onder die grond. Wanneer al die blare dood is... kan jy jou gemmer oes.

* As jy jou gemmer in goeie ryk grond plant is dit nie nodig om so baie bemesting te gee nie. Plant jou gemmer in groot dromme met goei kompos, sand en grond en goeie drienering. Sodra jy dit dan oes, kan jy net weer kompos inwerk en weer gemmerstukke insit... en voortgaan soos bo beskryf. Dan het jy net bemesting nodig om dit op n gereelde basis toe te dien. Werk stadig werkende bemesting in die grond voor jy dit plant. Na dit kan jy vloeibare bemesting gebruik. Na 4 maande kan jy op die ranr van die plant grawe en groen gemmer uithaal. Dit is geuriger as die droë gemmer.
* Die beste tyd om gemmer te oes is net nadat die plant geel geword en heeltemal dood is. Dit neem normaalweg 8 - 10 maande voordat jy kan oes.
* As die gemmer in potte groei... kan jy dit net uitdop as dit droog is. Die gemmer groe na die oppervalkte van die pot. Soek mooi gesonde risome met ogies uit en plant dit dadelik weer.
*As jy die gemmer so laat groei vir oes... gaan jy nie blomme sien nie. Dit neem 2 jaar vir n plant om n blom voort te bring. So... as jy jou gemmerplant se blom wil sien... los dit in die grond.... en grawe net aan die rand van die plant as jy gemmer soek.

* 'n Goeie wenk vir mense met 'n koue klimaat. Plant jou gemmerstukke binninshuis. Dan sal dit 'n ornamentele plant wees... met groot blare en die blom ruik wonderlik as jy daarteen raak.
*Plant dit in 'n 14" pot as dit te koud is buite in die lente. Dan is die son nie so intens nie en jou gemmer gaan mooi groei want dit kry dan al die hitte en aandag.

Inligtingsbron: Ginger, growing ginger, Looking ways to plant Ginger.
Katagorie: livelihood programs
RSS feed / Trackback.