Monday 15 July 2013

Kerrie en Rys vir 'n 100 mense

Naomi le Roux .... hier is n resep van my

KERRIE EN RYS

(100 Porsies)

24 medium uie, gekap
8 knoffelhuisies, fyngekap
250 ml kookolie
12 kg vleis, grof gemaal
200 ml kerriepoeier
90 ml borrie
120 ml sout
250 ml asyn
1,500 vleisaftreksel ( 6 biefblokkies)
4 kg aartappelblokkies
1 kg wortelblokkies
1 kg ertjies

500 ml appelkooskonfyt

1. Braai die uie en knoffel in warm olie.

2. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die aartappels, wortels, ertjies en appelkooskonfyt.

3. Bring tot kookpunt en prut tot gaar.

4. Voeg die aartappels, ertjies, wortelblokkies en appelkooskonfyt 30 minute voor bediening by.

Kook 4 kg rys vir 100 persone.

Wenk: Deel die hoeveelhede deur 4 kastrolle. Dit is makliker om dit dan te kook.