Tuesday 2 July 2013

Gevulde hoenderborsies



Gevulde hoenderborsies

As jou sak dit toelaat, is parmaham ideaal, maar jy kan dit ook vervang deur repe spek

 (4 porsies)

Bereiding 10 minute
Bak 30 minute
•4 ontbeende hoenderborsies, sonder vel
•4 snye mozzarella-kaas
•8 vars basiliekruidblare
•4 snye parmaham

•olyfolie
•sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Sny ’n sakkie aan die kant van elke hoenderborsie met ’n skerp messie. Vul die sakkie met ’n skyfie mozzarella-kaas en 2 basiliekruidblare. Draai die borsie toe met die parmaham en plaas dit in ’n oondbak. Geur met sout en swartpeper en sprinkel ’n bietjie olyfolie oor. Bak vir 30 minute teen 180 °C tot gaar. Sit warm voor.