Tuesday 2 July 2013

Gebreekte Aartappelgereg



Gebreekte Aartappelgereg
(4 porsies)

Kook en bereiding 20 minute
•1 kg baba-aartappels (moenie skil nie)
•groot hand vol bronkors (watercress)
•200 ml olyfolie
•30 ml korrelmosterd
•sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Kook water in ’n kastrol. Plaas aartappels in die kastrol, kook tot sag en dreineer die water. Kap intussen die bronkors grof (nie fyn soos pietersielie nie). Breek die aartappels grof met ’n vurk. Voeg olyfolie, korrelmosterd en bronkors by. Moenie skrik vir die hoeveelheid olie nie - terwyl die aartappels warm is, suig dit die olyfolie op. Geur met sout en swartpeper.