Wednesday 3 July 2013

BLIKTELEFOON



BLIKTELEFOON
  • Julle het nodig
  • 2 leë sop- of soortgelyke blikke, deksels heeltemal verwyder
  • Blikoopmaker met driehoekpunt of ’n hamer en spyker
  • Stuk tou van minstens 80 cm
  • Sterk skêr
Maak so
  1. Druk met die blikoopmaker ’n gaatjie in die boom van elke blik of kap die gaatjie in met ’n hamer en spyker. Die gaatjie moet net groot genoeg wees dat die tou daardeur kan pas.
  2. Druk die tou deur die gaatjie van een blik. As jy sukkel, gebruik die punt van ’n skuifspeld of ’n stukkie draad om dit deur te druk.
  3. Maak aan die binnekant van die blik ’n knoop in die tou en trek die tou styf sodat die knoop teen die boom van die blik rus.
  4. Druk die ander punt van die tou deur die boom van die ander blik. Knoop dit aan die binnekant en trek dan styf.
  5. Laat een kind die oop deel van die een blik teen sy oor hou en die ander een met hom praat deur die oop deel van die ander blik. Die stuk tou moet so styf moontlik gespan wees. Hulle sal mekaar hoor praat, al is dit ’n baie lang stuk tou.
WENK Vervang die blikkies met plastiek- of papierbekertjies. Polistireenbekers werk nie so goed nie.